Claassens Makelaars BK is 'n gemagtigde finansiële diensverskaffer (FDV nr 26350) ingevolge Artikel 8 van die FAIS Wet,
Diensverskaffer Naam: | Claassens Makelaars BK |
---|---|
Registrasienommer: | 2006/034819/23 |
Kontakpersoon: | Hennie Claassens |
Telefoonnommer: | 057 352 9991 |
Naam: | Masthead (Edms) Bpk |
---|---|
Telefoonnommer: | 021 686 3588 |
E-pos Adres: | info@masthead.co.za |
Webwerf: | www.masthead.co.za |
By Claassens Makelaars is ons toegewyd om aan alle regulatoriese vereistes te voldoen ten opsigte van konflik van belange, soos deur FAIS wetgewing bepaal word.
Dit is vir ons belangrik dat konflik van belange gepas bestuur word ten bate van ons kliënte en ander partye wat met ons sake doen.
Ons het 'n konflik van belange bestuursbeleid geïmplementeer en gedokumenteer en hierdie beleid kan hier gelees word.
Indien u 'n klagte teen 'n sleutelpersoon of verteenwoordiger van Claassens Makelaars BK wil aanteken, moet u die klagte skriftelik aan ons rig.
As ons nie u klagte kan oplos nie en steeds nie gelukkig is nie, is u geregtig om dit na die Kantoor van die FAIS Ombud te verwys, by info@faisombud.co.za of telefoonnommer 0860 324 766.
Die Ombud is geskep om u 'n regstellende meganisme te verskaf vir enige onvanpaste finansiële advies wat u mag voel, deur u finansiële adviseur gegee kan word.
Dit is vir ons belangrik om kliënte billik en regverdig te behandel.
Ons neem die vereistes en riglyne gestel deur die Raad op Finansiële Dienste (RDF) ernstig op.
Ons het 'n beleid om te verseker dat ons konsekwent regverdige uitkomste lewer aan ons kliënte.
Ons neem verantwoordelikheid vir ons besigheid en personeel.
Deur 'n kultuur van openheid en deursigtigheid poog ons om altyd gehalte diens aan ons kliënte te lewer.
Claassens Makelaars is daartoe verbind om die privaatheid en sekuriteit van sy kliënte se persoonlike en private inligting te beskerm. Ons privaatheidsbeleid beskryf ons praktyke en toewyding aan ons kliënte.
Persoonlike inligting
Claassens Makelaars CC is verbind om die inligting wat deur ons kliënte verskaf word, te beskerm. Claassens Makelaars CC sal nie enige persoonlike identifiseerbare inligting aan derde partye verkoop of verhuur nie.
Deel van inligting
Claassens Makelaars CC kan persoonlike identifiseerbare inligting oor sy gebruikers aan ander maatskappye of derde partye stuur indien dit nodig is om sodanige inligting te deel ten einde die produk of diens wat die gebruiker versoek het, te verskaf.
Elektroniese Kommunikasie
Die verbruiker stem in tot die webwerf se ooreenkomste, kennisgewings en openbaarmakings deur die webwerf te besoek en elektroniese inligting of kommunikasie elektronies te ontvang. Dit dui daarop dat daar aan enige wettige vereistes voldoen is.
Verandering van inligting
Claassens Makelaars CC behou die reg voor om die Privaatheidsbeleid op 'n ad hoc basis na eie goeddunke te verander. Claassens Makelaars CC is nie verantwoordelik vir die inhoud of privaatheidspraktyke van nie-Claassens Makelaars CC webwerwe waarna dit verwys.
Kontak inligting
Indien u nie tevrede is met die inligting nie of indien enige inligting vals of foutief bevind word, moet u asseblief die Claassens Makelaars BK skriftelik daarvan verwittig.
Die doel van die Bevordering tot toegang tot informasie Wet, 2 van 2000 (PAIA), is om die reg op toegang tot inligting te bevorder, sodoende 'n kultuur van deursigtigheid en verantwoordbaarheid in Suid-Afrika te koester en om 'n oop demokrasie te bevorder waar individue uit alle sfere van die samelewing bemagtig en deel te neem aan besluite wat hulle raak.
'n PAIA inligtingshandleiding is saamgestel wat 'n oorsig van ons besigheid bied asook prosedures om inligting en rekords van ons te kan bekom.
Ons PAIA handleiding is hier beskikbaar
Claassens Makelaars tref alle voorsorg, sover dit onder sy beheer is, om te verseker dat alle inligting op hierdie webwerf verskaf word, waar en korrek is. Claassens Makelaars BK aanvaar geen verantwoordelik vir enige verlies, aanspreeklikheid, skade (hetsy direk of gevolglik) of verliese van enige aard hoegenaamd wat gely mag word as gevolg van of wat regstreeks of indirek, die gebruik of vertroue op enige inligting, skakels of diens wat deur hierdie webwerf verskaf word. Daar is geen waarborg van enige aard, uitgespreek of geïmpliseer, aangaande die inligting of enige aspek van hierdie diens nie. Enige waarborg wat deur die wet geïmpliseer word, word hierby uitgesluit, behalwe in soverre sodanige uitsluiting onwettig sou wees.
Skakels na ander webwerwe
Ons webwerf bevat skakels na ander webwerwe. Wees asseblief bewus daarvan dat Claassens Makelaars BK nie verantwoordelik is vir die privaatheidspraktyke van ander webwerwe nie. Wanneer u ons webwerf verlaat, moedig ons u aan om die privaatheidsverklarings van die ander webwerf te lees wat persoonlike identifiseerbare inligting versamel. Hierdie privaatheidsverklaring is slegs van toepassing op inligting wat deur hierdie webwerf versamel word.